Let asb dat enige bestellings vanaf 27 April sal teen middel Mei gestuur word. Baie dankie vir jou geduld!
Hallo en welkom by O! Koek!
Groet die dae van onbeplande kalender koors, ‘n ongemaklike rondskarrel en gunsies vra om ‘n doekie of tampon’tjie by ‘n vriendin of kollega te leen. Die O! Koek! menstruasie koppie verseker dat jy altyd voorberei is vir die aankoms van die rooi Ferrari.
Die gemiddelde persoon gebruik 1,200 tampons oor 5 jaar en spandeer ongeveer R2,000 daaraan! ‘n Menstruasie koppie soos O! Koek! kos R290, kan vir 8 uur aaneen gedra word en hou vir ongeveer 5 jaar. Dis dus goed vir jou sak en vir die omgewing!
Die O! Koek! menstruasie koppie is beskikbaar in twee groottes – A en B.
Maak seker dat jy die regte koppie grootte kies om lekkasie te voorkom.
Om seker te maak jy kies die regte koppie grootte, sal ek jou aanraai om te bepaal hoe vêr jou serviks van jou vaginale opening is. Neem een of twee vingers, watookal gemakliker is vir jou, en plaas dit saggies binne jou vagina totdat jy jou serviks kan voel met die punte van jou vinger/s. Trek dan jou vinger/s uit en meet die diepte wat dit ingegaan het met 'n maatband. Kies jou ideale koppie grootte deur na die hoogte te kyk.
Grootte A kan min of meer so 15ml hou, is 42mm wyd x 71mm hoog met die steeltjie ingesluit. Die steeltjie self is 17mm lank maar jy kan hom korter knip met ‘n gesteriliseerde skêr as hy bietjie te lank is.
Oor die algemeen is Grootte A meer gepas vir dié met ‘n ligter vloei en dié wat moontlik nog nie seksueel aktief is nie. Ek moet noem dat ek wel seksueel aktief is maar my vloei is lig en my serviks nie so vêr op nie, so Grootte A pas my piekfyn.
Ingesluit: • 1 Grootte A menstruasie koppie • 1 steriliseerder • 1 spaarbussie waarin jy al die geld wat jy sou bestee het aan tampons en doekies kan spaar
Die O! Koek! menstruasie koppie is beskikbaar in twee groottes – A en B.
Maak seker dat jy die regte koppie grootte kies om lekkasie te voorkom.
Om seker te maak jy kies die regte koppie grootte, sal ek jou aanraai om te bepaal hoe vêr jou serviks van jou vaginale opening is. Neem een of twee vingers, watookal gemakliker is vir jou, en plaas dit saggies binne jou vagina totdat jy jou serviks kan voel met die punte van jou vinger/s. Trek dan jou vinger/s uit en meet die diepte wat dit ingegaan het met 'n maatband. Kies jou ideale koppie grootte deur na die hoogte te kyk.
Grootte B kan min of meer so 20ml hou, is 47mm wyd x 76mm hoog met die steeltjie ingesluit. Die steeltjie self is 19mm lank maar jy kan hom korter knip met ‘n gesteriliseerde skêr as hy bietjie te lank is.
Oor die algemeen is Grootte B meer gepas vir dié met ‘n swaarder vloei, wat reeds seksueel aktief is of selfs al geboorte geskenk het. Let wel die hoogte van die koppie.
Ingesluit: • 1 Grootte B menstruasie koppie • 1 steriliseerder • 1 spaarbussie waarin jy al die geld wat jy sou bestee het aan tampons en doekies kan spaar
Ek is baie gelukkig met my O! Koek! menstruasie koppie. Die beste deel van verandering is die gesondheid verbetering wat ek waarneem. Sal dit aanbeveel vir enige persoon!
Natasha Coetzee
Baie dankie vir jou moeite! Great produk, Great diens!!
Leandra Visser
Ek is so bly ek het hierdie besluit gemaak! Die lewe is verseker makliker en meer prakties! Aan al die mense daar buite wat gefrustreerd is met tampons ens., hierdie sal die beste besluit wees wat jy sal maak en daar is soveel redes daarvoor! Die verpakking het my dag gemaak! Dis diskreet en toon 'n goeie sin vir humor! Koop jou koppie en hou op sukkel!
Melissa Swan
Wonderlike produk en fantastiese bemarking!
Marisa Kruger
Ek is bitter gelukkig met my O! Koek! koppie - 110% in my noppies. Soooo gemaklik! Ek hoef nooit weer tampons te gaan koop vir die onverwagte tye wanneer jy nog nie voorraad gekoop het nie. Die diens was ook van top gehalte, ek het my koppie bestel en 2 dae later hom ontvang. Die koppie is verskriklik gemaklik - jy weet nie eers van hom nie en ek wens ek het al vroeër van O! Koek! gehoor. Net soveel voordele met hierdie koppie, dit pas jou sak en jy doen jou deel vir die natuur en omgewing. Dankie vir asemrowende diens en hierdie "wonder-koppie"!
Andrea Barnard
Dankie vir die flink diens en 'n goeie kwaliteit produk!
Judith van der Walt
Ek is nie 'n nuweling as dit by menstruasie koppies kom nie - die O! Koek! is my derde een. Wat vir my opvallend was is die steriliseerder - en die gebruik daarvan het nie teleur gestel nie! Dis so maklik - die sterilisasie en stoor was altyd vir my die 'moeilike deel' van menstruasie koppies. Die koppie self is sag, maar stewig en ek is 100% tevrede met my koppie! Baie dankie vir die puik en vinnige diens.
Melissa Dean
Ek is mal oor my koppie. Ek voel hom nie en hy is baie gemaklik en baie maklik om skoon te maak. Baie dankie vir my koppie. Ek sal verseker dit aan iemand anders ook aanbeveel!