Ek het my bestelling geplaas. Hoe lank sal dit neem tot ek my koppie ontvang?

Versending van bestellings gebeur binne 24 uur van die plasing van die bestelling tussen Maandae en Vrydae. 'n Epos sal gestuur word na die epos adres wat verskaf is met die opsporingsnommer. Ek maak gebruik van Fastway Couriers. Jy kan jou opsporingsnommer op hul website insit om te sien waar jou bestelling trek.

Afleweringstye wissel tussen 2 en 5 werksdae. 

Epos my gerus by hallo@okoek.com indien jy jou bestelling wil opvolg.

Reg om die sprong te vat? Gooi sommer nou 'n koppie in jou mandjie: