Ek is 'n maagd. Kan ek 'n menstruasie koppie gebruik?

Jy kan ‘n menstruasie koppie begin gebruik vanaf die oomblik wat jy begin menstrueer, of jy seksueel aktief is of nie. Wees wel bewus dat as jy enigiets in jou vagina insit kan dit jou maagdevlies rek of selfs skeur. As gevolg hiervan, indien jy enige kulturele, godsdienstige of persoonlike redes het wat vereis dat jou maagdevlies heel moet bly, is dit beter om nie ‘n menstruasie koppie te gebruik nie.

Een ding wat ek wel wil noem as jy besluit om ‘n menstruasie koppie te gebruik: maak seker dat jy gemaklik is met jou liggaam en die idee van menstrueer. Liggaamsverandering en puberteit is ‘n emosionele tyd vir enige tiener. Moenie jouself forseer nie. As jy nie die koppie gemaklik kan inkry met jou eerste probeerslag nie, los dit eers vir ‘n rukkie, haal asem en ontspan, en probeer dan later weer. Nes fietsry kan mens enige nuutheid baasraak as mens aanhou probeer. Lees meer hier oor hoe jy jou menstruasie koppie insit en uithaal.

Reg om die sprong te vat? Gooi sommer nou 'n koppie in jou mandjie: