Hoe hou ek my koppie skoon?

Gedurende jou siklus kan jy jou menstruasie koppie net met water uitspoel. Na elke siklus (en die eerste keer as jy jou nuwe koppie oopmaak) moet jy jou koppie steriliseer. Sit jou koppie binne jou O! Koek! steriliseerder, maak hom halfpad vol met water en mikrogolf vir 3 minute of lank genoeg vir die water om te kook. Moenie jou dekseltjie opsit nie.

Jy kan selfs water in die ketel kook en in jou steriliseerder gooi. Oppas om nie te brand nie. In dié geval kan jy die dekseltjie opsit en jou sterliseerder eenkant plaas. Los om af te koel, droog af en bêre dan sommer jou koppie binne jou steriliseerder. Maklik né!

Herhaal die steriliseringsproses indien jou koppie perongeluk op die vloer of in die toilet val.

Reg om die sprong te vat? Gooi sommer nou 'n koppie in jou mandjie: