Hoe sit ek my koppie in?

Baie mense het my al gevra “Hoe kry jy dan die dingetjie dáár op? Hy lyk so groot!” en my antwoord is elke keer dieselfde. Probeer dit vir jouself. As jy jou O! Koek! menstruasie koppie vou sal jy sien hy is min of meer dieselfde grootte as ‘n normale grootte tampon. Daar is verskillende vou maniere (ek bespreek 3 hieronder) en jy sal wel een kry wat jou pas. Nes fietsry kan mens enige nuutheid baasraak as mens aanhou probeer.

Insit
• Was jou hande deeglik (sing Veels geluk liewe maatjie twee keer vir jouself)
• Vou en hou jou koppie vas
• Daar is ‘n paar vou opsies - die C-vorm vou, 7-vorm vou en die knyp-vou.

C-vorm vou

C-vorm vou
Vir my werk die C-vorm vou die beste. Jy druk eenvoudig die kante van die koppie saam en vou hom dan in die helfte om die vorm van die letter C te maak.

7-vorm vou

7-vorm vou
Met die 7-vorm vou druk jy ook die kante van die koppie saam, maar dan vou jy die punt regs-bo na links-onder sodat die koppie die vorm van die nommer 7 maak.

Knyp-vou

Knyp vou
Met die knyp-vou druk jy die een kant van die koppie na binne, en daarna druk jy die kante saam.

Probeer almal en kies die een wat vir jou die beste werk.
• Plaas die koppie gemaklik binne jou vagina
• Laat die koppie oopmaak en draai dit effe om ‘n vakuum te vorm

Uithaal
• Was jou hande deeglik (sing Veels geluk liewe maatjie twee keer vir jouself)
• Ontspan op die troon en vind die bodem van jou koppie met jou vingers
• Jy kan saggies aan die steeltjie trek as dit help
• Knyp die bodem om die vakuum te breek en maak dan die koppie in die toilet leeg

Reg om die sprong te vat? Gooi sommer nou 'n koppie in jou mandjie: