Hoe vergelyk die prys van die O! Koek! menstruasie koppie met doekies of tampons?

Die gemiddelde persoon gebruik 1,200 tampons oor 5 jaar en spandeer ongeveer R2,000 daaraan! ‘n Menstruasie koppie soos O! Koek! kos R290, kan vir 8 uur aaneen gedra word en hou vir ongeveer 5 jaar. Dis dus goed vir jou sak en vir die omgewing!

Hier is die sommetjie:
• 32 tampons se koste beloop: R56 (Handelsmerk A) / R45 (Handelsmerk B) / R49 (Handelsmerk C) = gemiddeld van R50 = R1.56 per tampon
• 20 tampons is dus = R31.20
• Die gemiddelde persoon gebruik 20 tampons in ‘n 5-dag menstruasie siklus
• Oor 12 maande: 240 tampons = R374.40
• Oor 5 jaar: 1,200 tampons = R1,872

Jy kan dus jou O! Koek! menstruasie koppie na 9 maande terugbetaal en die res van die geldjie spaar. Jou O! Koek! menstruasie koppie kom verpak in 'n oulike spaarbussie. Gebruik hom om al die geld wat jy sou bestee het aan tampons en doekies te spaar.

Reg om die sprong te vat? Gooi sommer nou 'n koppie in jou mandjie: