Hoe weet ek watter grootte om te kies?

Hierdie is jou grootte gids. Die O! Koek! menstruasie koppie kom in twee groottes – A en B. Dis belangrik om die regte koppie grootte te kies om lekkasie te voorkom.

Ek sal jou aanraai om te bepaal hoe vêr jou serviks van jou vaginale opening is. Neem een of twee vingers, watookal gemakliker is vir jou, en plaas dit saggies binne jou vagina totdat jy jou serviks kan voel met die punte van jou vinger/s. Trek dan jou vinger/s uit en meet die diepte wat dit ingegaan het met 'n maatband. Kies jou ideale koppie grootte deur na die hoogte te kyk.

Grootte A

O! Koek! menstruasie koppies - Groottes A en B 1

Grootte A is 42mm wyd x 71mm hoog. Die steeltjie self is 17mm lank. Hierdie koppie kan min of meer 15ml hou.

Oor die algemeen kan jy dié grootte kies as jy ‘n ligter vloei het of as jy moontlik nog nie seksueel aktief is nie. Ek moet noem dat ek wel seksueel aktief is maar my vloei is lig en my serviks nie so vêr op nie, so Grootte A pas my piekfyn.

Grootte B

O! Koek! menstruasie koppies - Groottes A en B 2

Grootte B is 47mm wyd x 76mm hoog met die steeltjie ingesluit. Die steeltjie self is 19mm lank. Hierdie koppie kan min of meer 20ml hou.

Oor die algemeen kan jy dié grootte kies as jy ‘n swaarder vloei het, seksueel aktief is of as jy al geboorte geskenk het. Let wel die hoogte van die koppie.

Reg om die sprong te vat? Gooi sommer nou 'n koppie in jou mandjie: