Kan die menstruasie koppie binne my vassit of verdwyn?

Die menstruasie koppie kan nie binne jou verdwyn nie, maar hy kan wel bietjie hoog opbeweeg binne jou vagina. Indien dit sou gebeur, moenie paniekerig raak nie. Gravitasiekrag sal wel sy werk doen en die koppie weer natuurlik afbeweeg. As jy sukkel om jou koppie uit te kry is die eerste stap om diep asem te haal en te ontspan. Om angstig en paniekerig te raak gaan net veroorsaak dat jou spiere meer gespanne raak. Terwyl jy op die troon sit kan jy probeer om jou abdominale spiere te gebruik om die koppie af te druk. Alternatiewelik kan jy probeer om voor die toilet ‘n tipiese “squat” posisie in te neem. As jou vingers die steeltjie in die hande kan kry, trek liggies daaraan. Wanneer die koppie self in beter bereik is, knyp die bodem om die vakuum te breek en trek dan die koppie uit. Lees meer hier oor hoe jy jou menstruasie koppie insit en uithaal.

Reg om die sprong te vat? Gooi sommer nou 'n koppie in jou mandjie: