Kan ek Toxic Shock Syndrome kry van ‘n menstruasie koppie?

TSS of Toxic Shock Syndrome is ‘n skaars maar baie gevaarlike bakteriële infeksie. Simptome sluit ‘n hoë koors, lae bloeddruk, naarheid en braking in. Volgens die Mayo Clinic website kan TSS veroorsaak word deur wonde aan die vel, onlangse chirurgie asook die gebruik van tampons en menstruasie koppies. Baie mense het van TSS geleer in die konteks van menstruasie, spesifiek hoë absorpsie tampons. Hierdie produkte is al ‘n geruime tydjie lank van die mark af, en nuwe studies bevind dat alhoewel beide tampons en menstruasie koppies TSS kan veroorsaak, is beide veilige produkte.

Jy kan jou risiko om TSS te kry verlaag as jy goeie higiëne toepas:
• Was altyd jou hande deeglik voordat jy jou koppie insit en uithaal (sing Veels geluk liewe maatjie twee keer vir jouself)
• Maak jou koppie elke 8-12 ure leeg
• Maak seker dat jy jou koppie met water uitspoel gedurende jou siklus
• Na elke siklus (en die eerste keer as jy jou nuwe koppie oopmaak) moet jy jou koppie steriliseer. Sit jou koppie binne jou O! Koek! steriliseerder, maak hom halfpad vol met water en mikrogolf vir 3 minute of lank genoeg vir die water om te kook. Jy kan selfs water in die ketel kook en in jou steriliseerder gooi. Oppas om nie te brand nie. Los om af te koel, droog af en bêre dan sommer jou koppie binne jou steriliseerder

Vermy tampons en menstruasie koppies as jy wel al TSS gehad het.

Let wel: Ek is nie 'n mediese dokter nie. Hierdie blog weergee eenvoudig inligting wat ek aanlyn deur navorsing gevind het. Spreek asb jou huisdokter of ginekoloog aan oor TSS.