Terugbetalingsbeleid (Refund Policy)

ALLE SUKSESVOLLE BESTELLINGS IS FINAAL

Maak asseblief seker dat jy die O! Koek! grootte gids nagaan om die regte grootte menstruasie koppie te bestel. As jy onseker is en enige raad nodig het is jy welkom om my op Facebook of Instagram, of per epos by hallo@okoek.com te kontak. Ek help graag!

Ongelukkig is menstruasie koppies persoonlike higiëniese produkte en daarom kan ons nie ‘n bestelling omruil of terugbetaal nie. Indien jou koppie foutief is, of indien jy dit vir ‘n paar siklusse probeer het maar steeds nie sukses behaal het nie is jy weereens welkom om my te kontak op hallo@okoek.com met jou bestellingsnommer, en ek sal my bes probeer om te help, indien moontlik.

Wees asseblief geduldig met jouself wanneer jy jou nuwe koppie uittoets oor die eerste paar maande se siklusse. Nes fietsry kan mens enige nuutheid baasraak as mens aanhou probeer. Jy’s nie alleen nie - ons is hier vir jou!