O! Koek! menstruasie koppie - Grootte A
O! Koek! menstruasie koppie - Grootte A
O! Koek! menstruasie koppie - Grootte A
  • translation missing: af.sections.featured_product.gallery_thumbnail_alt
  • translation missing: af.sections.featured_product.gallery_thumbnail_alt
  • translation missing: af.sections.featured_product.gallery_thumbnail_alt

O! Koek! menstruasie koppie - Grootte A

Normale prys
R 290.00
verkoops prys
R 290.00
Normale prys
Uitverkoop
translation missing: af.products.product.unit_price_label
translation missing: af.general.accessibility.unit_price_separator 

Die O! Koek! menstruasie koppie is beskikbaar in twee groottes – A en B.

Maak seker dat jy die regte koppie grootte kies om lekkasie te voorkom.

Om seker te maak jy kies die regte koppie grootte, sal ek jou aanraai om te bepaal hoe vêr jou serviks van jou vaginale opening is. Neem een of twee vingers, watookal gemakliker is vir jou, en plaas dit saggies binne jou vagina totdat jy jou serviks kan voel met die punte van jou vinger/s. Trek dan jou vinger/s uit en meet die diepte wat dit ingegaan het met 'n maatband. Kies jou ideale koppie grootte deur na die hoogte te kyk.

Grootte A kan min of meer so 15ml hou, is 42mm wyd x 71mm hoog met die steeltjie ingesluit. Die steeltjie self is 17mm lank maar jy kan hom korter knip met ‘n gesteriliseerde skêr as hy bietjie te lank is.

Oor die algemeen is Grootte A meer gepas vir dié met ‘n ligter vloei en dié wat moontlik nog nie seksueel aktief is nie. Ek moet noem dat ek wel seksueel aktief is maar my vloei is lig en my serviks nie so vêr op nie, so Grootte A pas my piekfyn.

Ingesluit:
• 1 Grootte A menstruasie koppie
• 1 steriliseerder
• 1 spaarbussie waarin jy al die geld wat jy sou bestee het aan tampons en doekies kan spaar